Jonas gaan vir die hernuwing van sy Swaarvoertuig Bestuurderslisensie.
TOETSBEAMPTE: Goed Jonas, kom ons toets jou algemene kennis. Jy ry teen 'n
afdraend af en voor jou is 'n ander vragmotor. Jy wil verbygaan, wat doen
jy ?
JONAS: Is reg, meneer. Ek kyk hom die left mirror, die pad es skoon, dan
kyk hom die right mirror, die pad es skoon. Dan ek slaat die indicator,
trap die petrol, kom buitekant, ek gaan verby.
TOETSBEAMPTE: Toe jy nou so besig is om verby te gaan, kom daar 'n ander
vragmotor van voor af. Wat doen jy dan?
JONAS: Is nie mulakeit nie, meneer. Weer ek check die left mirror, es
skoon, kyk die right mirror, es skoon, dan sit hom die indicator to the
left, vang bietjie briek, dan steek ek die neus agter die ander lorry in.
TOETSBEAMPTE: Raait, maar toe jy nou in die spieel kyk het 'n ander trok
van agter die gaping toegemaak. Wat maak jy nou?
JONAS: Eish meneer, dan ek maak my assistant Petros wakker.
TOETSBEAMPTE: Nou hoekom wil jy vir Petros wakker maak?
JONAS: Meneer sien, ek dink nie Petros hy het al so moerse ongeluk gasien
nie.
Current Rating (28 Votes): 9.3